News

Munisipale rotasie beurtkrag: Dit is hoekom aan- en afsit tye rondspring

Beurtkrag frustreer - hierdie kan jou dalk help

Munisipale rotasie beurtkrag veroorsaak groot frustrasie onder inwoners, omdat krag nie altyd op tyd, en volgens die skedule afgeskakel word nie.

8 Dinge wat jou dalk kan help om rotasie beurtkrag beter te verstaan:

  1. Wat bepaal aan en afsit tye? Aan en af sit tye word bepaal deur die las op die kragvoorsieingsnetwerk. Sodra die las hoog is, word dele afgeskakel om skade aan die Eskom transformator te voorkom.
  2. Wat is die gevolg van oorlading van die netwerk? Oorlading van die kragvoorsieningsnetwerk het op 1 Julie maar ook in April vanjaar veroorsaak dat Ngwathe die Eskom-toevoer uitgeskop het, met gevolglike skade by die substasie. Skade aan die netwerk het Ngwathe op 4 Julie meer as ‘n miljoen gekos, en ook in 2019 Parys vir dae sonder krag gelos. Sou die las op die netwerk nie beheer word nie, is die risiko  groot om weer skade aan die netwerk te kry.
  3. Hoekom so skiellik afsit, nie op die gegewe tye nie, of glad nie afskakel op die gegewe tye nie? Die kragverbruik vir Parys word  24 uur deur Ngwathe gemonitor. Sodra daar meer verbruik is, word die las groter, soos soggens vroeg en saans tussen 17:00 en 20:00. Wanneer verbruik nie hoog is nie, kan dit gebeur dat dele nie afgeskakel word nie, of later as die gegewe tyd, maar steeds binne die tydgleuf. Dit gebeur ook dat meer as een deel skiellik afgesit word wanneer verbruik gevaarlik hoog is.
  4. Hoekom is my krag nie af volgens die kleurkode waarin ek val nie? Daar is sedert die rotasie beurtkrag skedule opgestel is, skakelings gedoen wat veroorsaak het dat sekere adresse/gedeeltes nou in ‘n ander kleurkode mag val. Probeer die tye wanneer jou krag af is, vergelyk met die ure vir die onderskeie kleurkodes om te probeer vasstel watter kleurkode jy in val.
  5. Hoekom word meer as een kleurkode saam afgeskakel? Daar is tans slegs een Eskom transformator gekoppel en alvorens Ngwathe nie die meer as R66 miljoen betaal vir die opgraderings waarvoor Eskom vra nie, sal die tweede transformator nie gekoppel word nie. Die enkele transformator kan nie die las hanteer nie. Parys se verbruik is reeds hoër as dit wat Eskom aan Ngwathe voorsien.
  6. Hoekom nie vooraf waarsku nie? Omdat verbruik op gegewe tye nie vooraf bepaal kan word nie, en op kouer dae byvoorbeeld hoër is, wissel verbruik die heeltyd en kan nie vooraf gesê word of die verbruik binne die perk sal wees nie. Gevolglik word dit gemonitor en sodra dit te hoog raak, eenvoudig afgesit.
  7. Wanneer moet ek kragonderbrekings rapporteer? Hou die rotasie skedule dop vir die kleurkode waarin jy val en maak seker jy weet watter tye jou krag moontlik volgens die skedule af sal wees. Sou jou krag buite hierdie gegewe tye vir jou kleurkode af wees, moet jy dit rapporteer. Onthou dat daar steeds foute op die netwerk kan kom en dat diefstal en sabotasie ook kragonderbrekings veroorsaak bo en behalwe beurtkrag.

8. Waar rapporteer ek kragonderbrekings:

(056) 816 2700

(056) 811 5834

082 909 3464

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button