News

Held red vrou van twee rowers

"Die adrenalien het behoorlik gepomp toe ek sien die twee skelms haar handsak steel. Ek moes haar net help."

“Die adrenalien het behoorlik gepomp toe ek sien die twee skelms haar handsak steel. Ek moes haar net help.”

Dit is die woorde van die Potchefstromer en oud-Volkie, Hennie Jooste (28), wat met sy heldedaad twee rowers laat les opsê het. Die twee mans wou Patrys Joubert se handsak Woensdagoggend (13 Junie) buite die Departement van Arbeid se kantore steel, maar het nie gereken dat Jooste op hulle sou afstorm nie.

In die skermutseling het Hennie daarin geslaag om die diewe af te weer en ook Patrys se handsak veilig vir haar terug te besorg.

Hennie vertel dat hy saam met sy verloofde so teen 08:00 by die Departement van Arbeid se kantore was. Hy het in sy motor gewag, terwyl sy verloofde in die ry gestaan het. Hennie het toe opgemerk dat Patrys na haar motor loop wat naby die ingang van die kantore parkeer was.

Hennie Jooste het Patrys Joubert gered toe skelms haar handsak wou steel.

“Net voor sy inklim toe sien ek twee mans wat na haar roep en vra vir geld. Toe sy inklim het hulle haar deur oopgeruk. Dit is toe ek besluit om dadelik te help want ek’t moeilikheid sien kom,” vertel Hennie.

Hy noem ook dat hy gesien het dat een van die skelms na die kar se sleutel gegryp het om vermoedelik die kar te steel.

“Toe ek die een ou plattrek, het die ander een weg gehardloop. Ek het die een ou  op die teerpad “getackle”.

“Daarna het die ander ou weer uit die stegie gekom en wou my en die tannie (Patrys) met ‘n mes dreig. Ek het op hom ook afgestorm” sê Hennie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button