News

AfriForum-saak: Bykans ‘n 1 000 sê oor dorp se krag- en waterstryd

AfriForum, Ngwathe weer in die hof

Bykans ‘n 1000 beëdigde verklaring van inwoners van Parys waarin vertel word van hul daaglikse krag- en waterstryd, is deur AfriForum ontvang vir die dringende hofaansoek wat dié burgerregte organisasie na die Hoë Hof in Bloemfontein gebring het.

AfriForum en Ngwathe se regsspanne was vandag, Vrydag 15 Julie, weer in die hof oor Parys se voortslepende water- en kragprobleme. Dit nadat die saak Woensdag uitgestel moes word omdat die Ngwathe munisipaliteit se opponerende hofstukke nie volledig was nie, het Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier gesê.

Die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit en Eskom is albei gevoeg in die dringende aansoek waar AfriForum  verligting vra om die situasie in die dorp weer te normaliseer. Beide partye se argumente is vandag gehoor en is uitspraak voorbehou.

AfriForum het inwoners bedank vir die verklarings wat ontvang is, en sê dat die probleme wat nou gesien word  ’n uitvloeisel is van jare se wanbestuur, verwaarlosing van infrastruktuur en wanbetaling van die munisipaliteit se kant af.

“Die munisipaliteit het totaal en al in sy taak gefaal om selfs basiese dienste in die dorp te lewer en hoewel die gemeenskap aan hul eie genade oorgelaat is moet hulle steeds belasting betaal.”

Jaco Grobbelaar, AfriForum se streekhoof vir die sentraalstreek sê AfriForum het al in menige vergaderings met die munisipaliteit gesit waar aangebied is om die munisipaliteit by te staan met kundige hulp en advies maar is dit van die hand gewys. “Dit los ons met geen ander uitweg as om ’n hofbevel te kry om die munisipaliteit te verplig om dienste te lewer soos wetgewing van hulle vereis nie,”” sê hy.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button