News

Pensionarisse moet onthou van dié afslag

Aansoeke sluit 31 Augustus

Pensioenarisse wat kwalifiseer vir korting op erfbelasting vir die nuwe munisipale belastingjaar wat op 1 Julie begin het, moet onthou dat aansoeke vir die afslag gedoen moet word voor 31 Augustus.
Om te kwalifiseer moet die applikant die eienaar van die eiendom wees en dit self bewoon, ouer wees as 60 jaar, óf ‘n ongeskiktheidspensioen ontvang, en nie die eienaar wees van meer as een eiendom nie.
Die inkomste van die huishouding (d.w.s. applikant en gade) moet minder as R8 660 per maand beloop.

Kortings word as volg bereken:
* Inkomste van R0,00 tot R4 500 per maand: 100%
* Inkomste van R4 501 tot R5 100 per maand: 60%
* Inkomste van R5 101 tot R7 950 per maand: 30%
* Inkomste van R7 951 tot R8 660 per maand: 15%.
Aansoekvorms vir die korting is by munisipale kantore beskikbaar en pensioenarisse wat hulp met die aansoek benodig, is welkom om rdl. Marinda Matthysen-Engelbrecht by 078 237 0097, of rdl. Jan Meyer by 083 778 8218 te kontak.

Related Articles

Back to top button