News

Organisasies sonder wins-oogmerk kan nou aansoek doen vir korting

Organisasies sonder wins-oogmerk kan nou aansoek doen vir korting

Instansies soos ouetehuise, welsyns-, kulturele-, sport- en ander organisasies sonder wins-oogmerk, is volgens munisipale belastingwette verplig om erfbelasting te betaal, maar daar kan aansoek om korting gedoen word.
Skriftelike aansoeke moet egter voor 31 Augustus vanjaar by die munisipaliteit ingedien word om in aanmerking te kom vir hierdie korting vir die finansiële jaar wat op 1 Julie vanjaar begin het. Aansoekvorms is by munisipale kantore beskikbaar.
Applikante moet verkieslik hul aansoeke in duplikaat voorberei en ‘n afskrif deur die munisipaliteit laat stempel wanneer dit ingedien word as bewys van ontvangs daarvan.
Applikante moet ook ‘n sertifikaat van die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens hê wat bevestig dat die instansie geregistreer is vir vrystelling van betaling van inkomstebelasting voordat die instansie vir korting op erfbelasting sal kwalifiseer.
‘n Afskrif van die belastingvrystellingsertifikaat moet by die aansoek aangeheg word.
Instansies wat hulp met die aansoeke nodig het kan Vryheidsfront Plus rdl. Marinda Matthysen-Engelbrecht by 078 237 0097, of Jan Meyer by 083 778 8218 skakel.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button