News

“Mense moet weet wat aangaan in ons land”

"Ek het twee pragtige dogters. Dit is nie reg dat kinders só moet grootword nie."

Sedert Nuno Morais in 2020 van Johannesburg na Kaapstad gehardloop het  om mense bewus te maak van die  trauma en lewensverlies weens plaasaanvalle in Suid-Afrika, was daar reeds duisende nuwe sake van moord in die land aangemeld. Vergelyk jy die syfers van die eerste kwartaal vanjaar met ooreenstemmende syfers verlede jaar, is dit ‘n 20% styging, sê Nuno.

En dit is waarom hy weer op Sondag 10 Julie sy tekkies aangetrek het om die 1 380km te voet van Edenvale in Johannesburg na Kaapstad te stap, want sê hy, “mense moet weet wat in ons land aangaan. Ek het twee pragtige dogters. Dit is nie reg dat kinders moet grootword in omstandighede waar hulle heeltyd oor hul skouer moet kyk nie.”

Op sy eie met net die hulp van ‘n vriend Dean Faivelowitz wat hom met ‘n bystandvoertuig vergesel, stap hy met ‘n swart vlag van dorp na dorp.

Van Johannesburg is hy Sondag na Henley-on-Klip, toe Sasolburg, en Dinsdagmiddag 12 Julie het hy in Parys gearriveer. Net na 09:00 vanoggend was Nuno en Dean weer oppad van Parys na Vredefort, en dan Kroonstad vir die volgende skof op hul roete.

Nuno en Dean by Sasol on Delver voor hul vertrek vanoggend, Woensdag 13 Julie, uit Parys.

Hy het nie ekstra tekkies saamgeneem, of reëlings vir verblyf getref nie, vertel Nuno. Soos wat hul vorder bied mense dikwels slaapplek aan, en sorg elke dag vir homself. En dan maakhy seker dat hy  genoeg water drink en grondboontjies en grondboontjiebotter eet om hom krag vir die lang ure op die pad te gee.

Langs die pad gebeur dit dikwels dat mense hul ondersteuning wys deur toeter te blaas, of te stop om hom aan te moedig om aan te hou stap. Maar hierdie is ‘n reis wat Nuno aanpak omdat hy self ‘n verskil wil maak.

Hy wil hê mense moet weet van die realiteit waarmee Suid-Afrikaners elke dag leef, en dat moord, plaasaanvalle en geslagsgebaseerde geweld, mense se geliefdes van hul wegneem. Dat die Suid-Afrikaanse regstelsel slagoffers van misdaad dikwels faal.

Nuno Morais. 

Twee jaar gelede het Nuno ‘n soortgelyke projek vir die organisasie, “Our Voice” aangepak, en vanjaar ondersteun Our Voices 2.0, Stop Farm Murders en Move One Million sy inisiatief,  asook Monteauga Steel.

As jy hom sien, langs die pad, moenie huiwer om te groet of jou ondersteuning te wys nie, want elke kilometer wat Nuno stap, stap hy vir Suid-Afrikaners wat daagliks geraak word deur die gevolge van misdaad.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button