NewsNews

AfriForum nader hof oor dorp se water- en kragkrisis

  Die burgerregteorganisasie AfriForum gaan Woensdag 13 Julie in die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein wees oor die voortslepende water- en kragprobleme in Parys.  Die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit en Eskom is albei gevoeg in die hofsaak waar AfriForum dringende verligting vra om die situasie in die dorp weer te normaliseer. Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder …

 

Die burgerregteorganisasie AfriForum gaan Woensdag 13 Julie in die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein wees oor die voortslepende water- en kragprobleme in Parys.  Die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit en Eskom is albei gevoeg in die hofsaak waar AfriForum dringende verligting vra om die situasie in die dorp weer te normaliseer.

Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier is die probleme wat nou gesien word  ’n uitvloeisel van jare se wanbestuur, verwaarlosing van infrastruktuur en wanbetaling van die munisipaliteit se kant af.

“Die munisipaliteit het totaal en al in sy taak gefaal om selfs basiese dienste in die dorp te lewer en hoewel die gemeenskap aan hul eie genade oorgelaat is moet hulle steeds belasting betaal. Die munisipale bestuur is onbevoeg en het nie ’n plan van aksie of die nodige wilskrag om die probleme op te los nie,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se streekhoof vir die sentraalstreek. “AfriForum het al in menige vergaderings met die munisipaliteit gesit waar ons aangebied het om die munisipaliteit by te staan met kundige hulp en advies maar hulle het dit van die hand gewys. Dit los ons met geen ander uitweg as om ’n hofbevel te kry om die munisipaliteit te verplig om dienste te lewer soos wetgewing van hulle vereis nie.”

Dringende en ingrypende optrede is nodig om hierdie probleem op te los,” sê Pretorius.

  • Daar word tans ook gewag op die konstitusionele hof uitspraak oor Parys se kragkwessie. Totdat die uitspraak in Eskom se aansoek om verlof tot appél teen ’n vroeëre uitspraak van die Hoogste Hof van Appél nie gegee is nie, beteken dit  in effek dat die vroeëre bevel van die hof dat gedwonge munisipale beurtkrag nie in die Ngwathe en die Lekwa munisipaliteite toegepas mag word nie, dus nie geld nie, tensy daar weer ’n aansoek om ’n Mandamus (verplig) na die hof gebring word.
  • Die Vaal River Developement Association (VRDA) het hom in Augustus 2020 namens die Parys Besigheids- en Ontwikkelingsforum en Parys Gemeenskaps Aksie, en die Lekwa Belastingbetalersvereniging, tot die hooggeregshof gewend met ’n dringende aansoek om ’n stokkie te steek voor Eskom se eensydige afdwinging van munisipale beurtkrag wat inwoners van Parys vir ure sonder krag gelaat het.
    Eskom is met die aanvanklike hooggeregshof uitspraak in 2020 deur waarnemende regter Anthony Millar met ’n interim hofbevel verbied om verdere kragvermindering in Parys en Vredefort toe te pas, en gesê om sy transformator te herstel. Daarna het Eskom aansoek om verlof tot appél teen die hofbevel ingedien, waarna die saak later ook in die Hoogste Hof van Appél gaan draai het.
    Maar die stryd was ten spyte van die Hoogste Hof van Appél se uitspraak ten gunste van verbruikers, steeds nie verby nie, en het Eskom toe aansoek om verlof tot appél na die Konstitusionele hof gedoen.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button