News

Woede en frustrasie by breekpunt; mense soek krag

Mense soek krag nie beloftes nie.

Daar is geen doekies omgedraai oor die gemeenskap se woede met die onuithoudbare situasie waarmee inwoners as gevolg van Eskom en Ngwathe se stryd oor wanbetaling al vir bykans drie dae sonder krag en water sit. Sowat 500 mense het die vergadering voor die stadsaal bygewoon en was dit duidelik – die gemeenskap wil nie meer beloftes hoor nie. Hulle soek krag.

Die vergadering in ‘n neutedop:

  • Die burgemeester verduidelik dat hulle Eskom die        R1 086 006,30 sal betaal maar dat hulle eers ‘n onderneming van Eskom soek oor wanneer kragtoevoer herstel sal word, en of dit van Ngwathe se lopende rekening sal afgaan.
  • Die burgemeester sê volgens munisipale wet kan die bedrag nie oor ‘n naweek oorbetaal word nie omdat daar nie magtiging vir betalings oor naweke is nie, en dit as vrugtelose uitgawe gesien sal word.
  • Sakeman Saal de Jager en ook Ngwathe raadslid bied aan om die genoemde bedrag uit sy  sak te betaal, mits die burgemeester waarborg kan gee voor diegene teenwoordig dat die geld teen 10:00 môre oggend terug in sy rekening sal wees.
  • Die burgemeester kon egter nie die versekering gee nie. Sy sê dit moet deur die munisipale bestuurder en hoof finansiële beampte gegee word.
  • Daar was met die skrywe van hierdie berig gewag op bevestiging of die waarborg deur die munispaliteit gegee kan word vir terugbetaling, sou rdl. De Jager die geld oorbetaal.
  • Eskom het reeds aangedui dat hy sal begin met  herstelwerk in die substasie  sodra die betaling in sy rekening reflekteer of ‘n bank gewaarborgde tjek voorsien word.
  • Eskom het ook reeds aangedui dat wanneer die betaling ontvang word, dit nie gekrediteer sal word teen Eskom se lopende rekening nie omdat Eskom se lopende rekening agterstallig is.
  • Die burgemeester het  aangedui dat Ngwathe tans 50% van sy rekening betaal gedurende die wintermaande omdat winter en somertariewe vir die munispaliteit aan Eskom verskil, en die munisipaliteit nie gedurende die wintermaande die volle rekening kan betaal met die hoër wintertarief nie.
  • Die hoop is dat sou Eskom die betaling ontvang, die tweede transformator in werking gestel sal word sodat kragtoevoer  herstel kan word terwyl herstelwerk aan die ander transformator gedoen word.
  • Baie was ongelukkig omdat hulle nie kon hoor wat die burgemeester sê nie omdat klank onvoldoende was.
  • Mense dring aan om direk aan Eskom of ‘n derde party te betaal.
  • Mense wil weet waarheen hul geld gaan.
  • Dit is duidelik dat daar nie vertroue is tussen Eskom en Ngwathe nie.
  • Daar is ook samesprekings tussen Eskom en Ngwathe Dinsdag.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button