News

Onmenslike nood n duidelike plan deur Eskom om Ngwathe te kry om te betaal

Tydsberekening was goed gekies

Eskom het met n duidelike en berekende plan gewerk om verbruikers in Parys tot op die uiterste en met onmenslike nood te straf en so n hele dorp op sy kniee te kry om die Ngwathe munisipaliteit te forseer om die kragreus  ernstig op te neem. En onderhandelings is op die oomblik.op n dooie punt met geen antwoord vanaf Eskom oor die skikkingsooreenkoms wat Ngwathe en die Forum se regsspan op die tafel gesit het nie. Net n mediaverklaring van Eskom wat uitgelek is in publieke domein en die boodskap is duidelik  – Eskom soek geld. Dit ten spyte van pogings om n skikking te probeer kry ter wille van verbruikers

So is daar met n plan gewerk

Terwyl departement arbeid se inspekteurs die afgelope week Eskom se substasie besoek het nadat die Ontwikkelingsforum se regsspan gewys het op die gevaar vir Ngwathe werknemers wat die substasie 24/7 moet oppas om te kyk dat die kragnetwerk nie oorlaai word en rotasie beurtkrag betyds ingestel kan word om Eskom se enkele transformer wat in werking gestel is te beskerm, en te bly binne die toegelate ooreengekome 21mVA, het Eskom sonder kennisgewing aan die munisipaliteit die mVA vir Parys selfs nog verder verminder.

N Slim en berekende skuif op 30 Junie knap voor die naweek om Eskom toerusting te beskerm al is daar n tweede transformator in die substasie, wat sou beide in werking wees die las op die netwerk kon dra. Maar dis nie net die transformator wat pla nie. Die munisipaliteit se enorme skuldlas aan Eskom was ook die rede waarom die dorp se ooreengekome elektisiteitsvoorsienings perk in die verlede nie vir Ngwathe verhoog is nie. Die verouderde en jare lange nie aangepaste 21mVA het reeds voor die eensydige suutjies verminderde mVA al ver tekort geskiet op die minstens 24mVA wat nodig is in wintermaande.

En Eskom het duidelik geweet word die mVA sonder kennisgewing verminder was daar nie n manier dat Ngwathe die verbruik kon probeer bestuur soos die afgelope 2 weke met rotasie beurtkrag gedoen is nie. Die Eskom skakelaar sou uitskop wat die dorp sonder krag sou laat wat Vrydagoggend inderdaad gebeur het.

En die verbruiker is letterlik en figuurlik in die donker gelos – sonder waarskuwing

Die naweek het voorgelê. Gastehuise was bespreek. Dis n toerismedorp.

En die vorige hofbevel wat in die guns van verbruikers was, geld nie alvorens die konstitusionele hof uitspraak gee en daarvoor word al meer as n maand gewag.

Maar Eskom het nie meer genade met Ngwathe nie – daar is immers lankal gewaarsku sê die kragreus in sy verklaring en was Ngwathe bewus van die risiko’s sê Eskom

Eskom sê Ngwathe word lankal gewaarsku hy oorskry sy toegelate perk en dat Eskom nie geld het om skade te betaal wat veroorsaak word deur n wanbetalende munisipaliteit. En omdat die munisipaliteit se skuld so hoog is wil Eskom nie die NMD vir Ngwathe verhoog nie.

Die kwotasie vir die herstel in die subsasie is gegee. Eskom sê in die mediaverklaring hys reg om te herstel, maar waar is die munisipaliteit se  geld vir die skade? Weereens was die tydsberekening goed want om die enorme bedrag vir herstel in die substasie oor te betaal soos wat in die skikking staan sou tyd neem om in Eskom se rekening te reflekteer en kan n betaling nie gemaak word mits Eskom die skikkingsooreenkoms aanvaar het nie.

Ten spyte van 2 dae lange onverpoosde onderhandelinge om n skikking tussen die Ngwathe munisipaliteit en die Parys Ontwikkelingsforum se regspan met Eskom se regs- en tegniese spanne te probeer kry juis om oplossings te vind, is daar geen terugvoer tot op hede aan die regsspan of Ngwathe direk gegee nie. Eskom se regsspan swyg.

Net die verklaring wat ook stil-stil in sosiale media uitgelek is en waarvan die juistheid daarvan intussen deur Gazette met Eskom bevestig is. Eskom soek geld en tot dan moet betalende verbruikers betaal met die grootste nood denkbaar sonder water vir meer as 48 uur. Geen riolering. Geen krag vir meer as 48 uur. Brandstof wat ten duurste vir kragopwekkers gekoop moet word. Besighede wat nie kan funksioneer nie. Die dorp se gasvryheidsbedryf wat totaal lam gelê is.

Bejaardes op suurstof in die dorp se ouetehuise wat inderhaas geskuif moes word na verswakte versorgingseenhede maar vir hoe lank sal kragopwekkers hier kan loop. Mense met mediese toestande by huise wat in kritiese nood is sonder krag en water.

Polisielede en sekuriteitsmaatskappye wat hul hande vol het om wet en orde te probeer handhaaf met onrus wat alreeds oor die naweek die ingryping van die Openbare Orde Polisiëring eenheid vereis het.

Mense kan nie meer nie, wil nie meer nie want waarom die verbruiker straf oor twee staatsinstellings se kwessie oor geld. Geld wat verbruikers reeds betaal het.

Die Ontwikkelingsforum voorsitter mnr Marius Pieters het selfs nou n beroep op Eskom se bedryfshoof mnr Jan Oberholzer gedoen om te help.

Maar die vraag wat verbruikers met reg vra is waarom so gestraf word vir Eskom en Ngwathe se kat en muis speletjie? Hoeveel word gedoen om onwettige kragkoppelings te verhoed. Eskom sê Ngwathe luister nie, Ngwathe blameer Eskom en die betalende verbruiker sit in die uiterste ellende.

The copyright to this information resides with The Parys Gazette and may be shared as a link to the original or refence to the author but may not be copied without the explicit permission of the author.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button