NewsNews

Kragstryd, maar die kabeldiewe steel lustig voort

Twee vas ná gepeuter is met noodsaaklike infrastruktuur

Terwyl verbruikers die afgelope twee weke al vir ure sonder krag moet klaarkom, is daar steeds geen einde aan kabeldiefstal en vandalisme aan die kragnetwerk wat  nog verder bydra tot onvoorsiene kragonderbrekings.

Die afgelope twee dae het inligting wat deur die publiek deurgegee is, en buurtwagpatrollies  gehelp om twee verdagtes gearesteer te kry, juis vir hierdie misdrywe.

Nadat inligting van die publiek ontvang is, en Security Master op die inligting gereageer het, is ‘n verdagte Dinsdagoggend by die spoorwegstasie deur die polisie in hegtenis geneem waar ‘n sloot gegrawe is om vermoedelik kabel hier te steel.

Dinsdagaand is nog ‘n verdagte by die mini-substasie naby die rolbalklub in Loopstraat gearresteer nadat patrollie gery is en die man onder verdagte omstandighede by die mini-substasie opgemerk is. Die inligting is aan Security Master deurgegee en opgevolg en kon die polisie die arrestasie maak. Gereedskap is ook by ander mini-substasies gekry.

Daar is tans verskeie groepe en sekuriteitsmaatskappye wat baie waardevolle werk in die dorp doen om te help om die polisie se oë en ore te wees sodat skade aan infrastruktuur verhoed word.

Die publiek se hulp is egter baie nodig om enige verdagte voertuie en bewegings veral rondom munisipale infrastruktuur soos die mini-substasies en by kragpale deur te gee. Moet nooit enige inligting as waardeloos beskou nie.

Wanneer jy iets aanmeld, is ‘n beskrywing van die persoon of voertuig wat jy sien baie belangrik. Bes moontlik is die persoon/voertuig nie meer by die punt waar dit opgemerk is toe dit gerapporteer is nie, maar dalk nog in die omgewing, wat ‘n beskrywing dan help om ook in die omgewing op die uitkyk te wees vir die verdagte persone/voertuie.

Die grafiese voorstellings hieronder kan help om te weet waarna om op te let wanneer jy iets rapporteer.

 

 

Wie moet jy skakel:

Parys SAPD

(056) 816 2519

063 922 9674

076 190 1416

Jy kan ook jou sekuriteitsmaatskappy skakel wat die inligting sal opvolg.

Sekuriteitsmaatskappye in die dorp werk baie nou saam met die polisie en het die samewerking alreeds gewys hoe suksesvol dit is in die bekamping van misdaad.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button