NewsNews

Boere só gehelp om onkruid en indringerplante te bestry

Belangstellende boere word aangemoedig om van die geleentheid gebruik te maak en die aanlyn opnamevorm te voltooi.

‘n Land Care-komitee vir die Potchefstroom/Noordwes-area is op versoek van die Vredefort Koepel Bewarea in 2021 gestig. Die komitee sal gedurende Augustus ‘n projekvoorlegging aan die Departement Landbou doen vir die voorsiening van onkruiddoder aan boere om verklaarde onkruid en indringerplante te bestry, asook vir die beheer van bosverdigting.
Vir die doel van die beoogde projek het die Land Care-komitee ‘n opnamevorm geskep wat aanlyn beskikbaar is vir boere in hierdie gebied wat belangstel om deel te neem.
Boere wat hul natuurlike weiding teen agteruitgang wil beskerm as gevolg van bosverdigting of indringerplante, word gevra om die Land Care-komitee se voorsitter, Piet Theron, by 083 460 9190, vir meer inligting te skakel.
Mense kan ook meer inligting by die komiteelede: Mike Erasmus (Koepel Bewarea), Shirley Engelbrecht (Koepel Bewarea), Kobedi Pilane en Buti Malinga (in die oostelike gedeelte van die distrik), Stephan Serfontein. (noordelike gedeelte), Leon Jacobs (noordwestelike gedeelte), Johan Scheepers (suidoostelike gedeelte) en Piet Theron (voorsitter) kry.
Die hoofdoel van ‘n Land Care-komitee is om probleme wat die produksievermoë van natuurlike landbouhulpbronne, soos grond, plantegroei en water beïnvloed, te identifiseer, en onder die aandag van Departement Landbou te bring. Die komitee moedig ook boere, gemeenskappe, organisasies en die publiek aan om betrokke te raak by inisiatiewe om natuurlike landbouhulpbronne se toestand te verbeter.
In samewerking met dié departement word voorleggings gedoen om regeringshulp te kry om probleme reg te stel, soos met die beoogde projek vir die voorsiening van onkruiddoder aan boere om verklaarde onkruid en indringerplante te bestry, en bosverdigting te beheer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button