News

Gestremde vrou gevind en weer veilig tuis

Die gestremde vrou wat gisteroggend (Maandag, 27 Junie) vermis geraak het, is vanoggend (Dinsdag, 28 Junie) gevind. 

Die Herald, Gazette se susterskoerant, het gister berig dat Lulu Ashirst (20) as vermis by die polisie aangemeld is.

Volgens haar ma, Elizabeth, het die polisie vir Lulu veilig terug teen 09:27 vanoggend besorg.

“Sy is by die Taxi-staanplek gevind,” het haar ma genoem.

Related Articles

Back to top button