NewsNews

Skool toe met ‘n masker of nie – ouers kan self besluit

Leerders en personeel vandag vir die eerste keer skool toe sonder masker

Leerders en personeel wat verkies om steeds maskers by skole te dra, sal toegelaat word om dit te doen, maar vir die meeste leerders en personeel was vandag ‘n blye dag om vir die eerste keer weer sonder masker te kon skoolgaan.

Die departement van onderwys het die besluit dat maskers nie meer gedra hoef te word nie, (wat outomaties ook skole insluit), verwelkom.

Die woordvoerder van die departement van onderwys, Elijah Mhlanga, het egter benadruk dat ouers die beste weet as dit kom by hul kinders en dat diegene wat steeds verkies om maskers te dra, toegelaat sal word om dit te doen. Dit bly  opsioneel en sal nie afgedwing word nie.

  • Intussen is ook vandag bevestig dat die eerste geval van aappokke in Suid-Afrika aangemeld is. Die bevestiging is deur die minister van gesondheid, dr Joe Phaahla gegee tydens ‘n mediakonferensie .

The copyright to this article resides with The Parys Gazette and may be shared as a link to the original or refence to the author but may not be copied without the explicit permission of the author.

Related Articles

Back to top button