NewsNews

Stop en kyk hoe lyk dié dorp se strate nou

“Dit was ‘n voorreg om die afskop van hierdie projek by te woon, en te sien met hoeveel entoesiasme die inwoners hul dorp wil verbeter. Om in ‘n straat af te kyk en dit is oop en skoon, en daar is padmerke en stoptekens, is lankal nie meer ‘n gegewe nie,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Viljoenskroon – Die AfriForum-tak in Viljoenskroon het op 15 Junie weggespring met hul #OnsDorp-projek. Verlede Woensdag het Senator Senekalstraat aan die beurt gekom, en is al die stoptekens vervang, strepe geverf, padmerke by die kruisings geverf, die straat skoongevee, en boomtakke wat gepla het, gesnoei.
Twee stoptekens is ook in Haveman- en Mareestraat vervang, en die padmerke by die stoptekens geverf. Hier en daar is daar selfs kleiner slaggate gevul.
Die opknappingswerk is nie net nodig om die dorp beter te laat lyk nie, maar dit is ook lewensgevaarlik, veral vir besoekers aan die dorp, as daar nie verkeerstekens en padmerke is nie. Die AfriForum-tak in Viljoenskroon beplan om elke Woensdag ‘n straat of twee onder hande te neem en só ‘n merkbare verskil in die dorp te maak.

Die tak bedank lede van die gemeenskap vir donasies om die projek moontlik te maak. Dankie aan Inteligro vir die bome wat gesnoei is en die state gevee; Kobus en Marne Vermeulen en die Rotariёrs wat padverf geskenk het; die Hansie Muller-groep vir die skoonmaak en vee van die strate; Pieter Dumini en Hinterland vir koeldrank; Willie Conradie vir hulp met skoonmaak, en Ben Olivier en Boet Wienand vir teer.
“Dit was ‘n voorreg om die afskop van hierdie projek by te woon, en te sien met hoeveel entoesiasme die inwoners hul dorp wil verbeter. Om in ‘n straat af te kyk en dit is oop en skoon, en daar is padmerke en stoptekens, is lankal nie meer ‘n gegewe nie,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.
“Ek wil spesiaal vir die takbestuur hartlik dankie sê. Vir Willie en Lynne Griesel, wat die projek organiseer en baie skenkings gemaak het, het ek groot waardering. Ek is seker dat met so ‘n gemeenskap, Viljoenskroon weer die spog dorp gaan word wat dit was,” sê Pretorius. Die tak moedig die gemeenskap aan om by AfriForum betrokke te raak. SMS “Viljoenskroon” na 45344 (R1) om betrokke te raak. Kontak vir Lynne Griesel by 082 611 9776 om ‘n skenking te maak.

Related Articles

Back to top button