News

Sekuriteitswag kry ses jaar vir veediefstal

Mnr. Tsholo het vir die staat verskyn en a.o. Moses Nhlapo was die ondersoekbeampte in die saak. 

‘n Voormalige werknemer van Basopa Sekuriteit is Vrydag 17 Junie ses jaar gevangenisstraf in die Sasolburgbugse landdroshof opgelê vir die diefstal van 17 beeste van ‘n boer van Deneysville.

Die 28-jarige Constantia Mogane Mosehla is deur landdros Chetty skuldig bevind en gevonnis vir die veediefstal op 13 Augustus 2020 op die plaas Olivierspruit in Deneysville.

Die boer het in die vroeë oggendure ontdek dat 17 van sy gemerkte vee gesteel is, en die saak aangemeld by die Heilbronse Veediefstal en Bedreigde Spesies-eenheid.

Al die gesteelde vee is op ‘n ander plaas gekry waar hulle weer gebrandmerk en gereed was om verkoop te word. Die vee is deur die regmatige eienaar uitgeken as sy vee, en aan hom terugbesorg.

Die sekuriteitswag is dieselfde dag nog gearresteer en borgtog van R3 000 is op 17 Augustus 2020 aan hom toegestaan, sê kapt. Malebo Khosana.

 

 

Related Articles

Back to top button