NewsNews

Rooikop vegtertjie se herstel gryp harte aan

Marno uit intensiewe sorgeenheid

Bykans ‘n maand ná ‘n frats glyplankongeluk by sy kleuterskool in Brakpan, is die 5-jarige Marno Muller, vandag, Maandag 20 Junie, van die Netcare Garden City hospitaal se waakeenheid na die hospitaal se kindersaal oorgeplaas.

Volgens ‘n inskrywing op die nie-winsgewende groep Hemelse Perels se Facebook-groep, is die neuroloog, fisioterapeut en pediater tevrede met Marno se vordering sover.

Klein Marno weier steeds om te sluk en sal ‘n dieetkundige hom môre sien.

Daar is ook aanbeveel dat Marno vir ten minste 2 weke na ‘n rehabilitasiesentrum sal gaan om hom te help met die herstelproses.

Marno was na die fratsongeluk waartydens die toutjies van sy baadjie se kappie vasgehaak het toe hy op die glyplank wou gly, vir 18 dae in ‘n medies geïnduseerde koma, en aan ‘n ventilator en hartmasjien gekoppel. In hierdie tyd het dokters om sy lewe geveg.

Daar is ongelooflike dankbaarheid oor Marno se vordering.

Dankie vir elke gebed, elkeen wat steeds bid vir Marno, en elkeen wat hierdie gesin ondersteun.

 

Related Articles

Back to top button