NewsNews

Twee vas wat plofstof wil verkoop

Die saak is tot 20 Junie vir ‘n formele borgaansoek uitgestel.

Twee verdagtes het Maandag, 13 Junie vir die beweerde handel in plofstof in die landdroshof in Heilbron verskyn.
Volgens Valke-woordvoerder, kapt. Christopher Singo, is Kelibone Danny Mathobaku (44), en Joseph Morapedi (39) die afgelope naweek in Heilbron in hegtenis geneem nadat ‘n lokval vir hulle deur lede van die Valke se ondersoekspan vir Ernstige Georganiseerde Misdaad van Welkom, en die Veediefstaleenheid van Heilbron, gestel is.
Die arrestasie volg nadat die polisie verlede week inligting gekry het oor die beweerde verkoop van die plofstof. ‘n Ontmoeting is toe met die verdagtes gereël waar hulle probeer het om die plofstof vir R50 000 te verkoop. Later het hul ooreengekom om die verkoopprys na R35 000 te verlaag, en is die verdagtes daar en dan in hegtenis geneem.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button