News

Babaseuntjie sterk goed aan in Potch na beroerte

Daar was goeie nuus hierdie week toe die bloedklont kleiner geword nie en die bloedtoevoer na die regterkant van sy brein vermeerder het.

Keean is verlede maand in die Netcare Sunninghill Hospitaal in Sandton opgeneem nadat hy Covid-19 en die Bocavirus opgedoen het wat slym op sy longe veroorsaak het. Om sake te bemoeilik het hy ook ‘n beroerte in die Netcare Sunninghill Hospitaal in Sandton gekry, waar hy behandel was.

Keean Claase sterk tans by Mediclinic Potchefstroom aan.

Die beroete het veroorsaak dat daar ‘n bloedklont na sy brein beweeg het. Dit het ook hom gedeeltelik verlam en daarom is hy gedurig gemonitor voordat hy saam met sy ouers, Francois Claase en Michelle du Preez, terug na Potch kon keer.

Keean en sy ma, Michelle.
Keean Claase en sy pa Francois, is weer bly om terug in Potchefstroom te wees. Foto: Verskaf

Daar was goeie nuus hierdie week toe die bloedklont kleiner geword het en die bloedtoevoer na die regterkant van sy brein vermeerder het. Keean kon toe oorgeplaas word na MediClinic Potchefstroom en is nou onder die pediater, Dr. Hannelie Potgieter, se sorg.

“Ons is so dankbaar dat daar verbetering is. “Hy sterk aan maar hy is nog ongeduldig omdat hy nie sy arms en bene kan gebruik nie. Daar is al beweging, maar die dokters sê ons sal heel moontlik eers oor twee jaar kan sien of daar volle genesing is. Ons bid elke dag dat die bloed van Jesus in sy are sal vloei en hom gesond sal maak,” noem sy pa, Francois.

Keean en sy ouboet, Francois Claase, wat te bly was om hom weer te kon sien.

Tans moet Francois-hulle ook ‘n manier kry om die finansiele las ligter te maak, aangesien al die hospitaalrekeninge vermeerder met tyd.

“Dit is ‘n verligting om terug te wees. Die rekeninge wat ons moet betaal stroom in, maar ons weet dat die Here vir ons ‘n weg sal wys,” noem hy.

Keean borsel hier sy tande.

Keean sal nou op suurstof en medikasie bly sodat hy heeltemal kan herstel voor daar ge-opereer kan word. Voor Keean Covid-19 opgedoen het en ‘n beroerte gekry het, was hy veronderstel om ‘n operasie vir sy hartkondisie te ondergaan. Weens komplikasies met Covid-19 en die beroerte is dit eers uitgestel.

As alles goed verloop sal die ope hart-operasie oor ongeveer 4-5 weke plaasvind.

Francois noem ook dat hy binnekort ‘n Back-A-Buddy-rekening sal stig om met die mediese kostes te help.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button