NewsNews

Tyd jou kosbaarste geskenk

Die sentrum gaan gebuk onder ernstige finansiële nood in uitdagende ekonomiese tye en is ‘n gemeenskap se omgee nou meer nodig as ooit tevore.

Kleuterzone het verlede week uitgereik na inwoners van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-tak waar kosbare tyd saam met dié inwoners spandeer is vir die weeklikse uurlange kunsklas wat deur vrywilligers vir die sentrum se inwoners aangebied word. Vir hierdie inwoners is die kunsklas baie nodige terapie. Maar dit gaan oor meer as terapie.

.

Vrywilliger hande van Kleuterzone het verlede week kom help met die terapie kunsklas by Epilepsie SA se VS/Noordwes-sentrum.

Dit gaan oor mense se uitreik na ander. Mense wat hul tyd en omgee gee.
Die materiaal vir die kunsklasse kom meestal uit die vrywilligers se eie sakke, of word deur mense in die gemeenskap geskenk.

Related Articles

Back to top button