News

Sterrekyk met nuwemaan op Deelfontein

Volledige inligting is beskikbaar by 083 280 9784 of gerhard@deelfontein.co.za, waar jy ook moet aanmeld as jy wil bywoon.

Met nuwemaan Saterdag, 25 Junie vind die tweede sterrekykuitstappie vir die seisoen op Deelfontein in die Vredefort Koepel plaas. Die aanbieding begin soos altyd in die seminaarkamer, om interessante inligting en basiese agtergrond tot die planeet- en sterrebewegings te gee.
Daarna kry almal geleentheid om deur die teleskope na die mooiste objekte wat tans in die naghemel sigbaar is, te kyk.
Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika lei die geleentheid. Kinders is baie welkom! Die aanbieding begin om 19:00 en eindig gewoonlik tussen 21:00 en 22:00. Tref voorsorg teen die koue met warm klere, skoene en ´n mussie.
Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za verkrygbaar, of soek Deelfontein Guest Farm op Google Maps. Die rit van Parys duur ongeveer 20 minute en van Potchefstroom neem dit 50 minute.

Related Articles

Back to top button