News

Marno: Net die tyd sal leer

Stryd nog nie verby ná glyplank-ongeluk

Wat die toekoms vir die 5-jarige Marno Muller inhou, is steeds onseker, maar wat seker is, is dat hierdie seuntjie  elke gebed nodig het.

Vir die  rooikop seuntjie wag daar nog ‘n lang pad na herstel  nadat sy lewe handomkeer verander het ná ‘n glyplankongeluk op 26 Mei by sy kleuterskool in Brakpan.

Marno wou die oggend van die glyplank by sy skool afgly toe die toutjies van sy baadjie se kappie vasgehaak het. Sedertdien  het hy harte van mense regoor die land aangegryp wat saam bid vir sy herstel.

Marno was na die fratsongeluk vir 18 dae in ‘n medies geïnduseerde koma, en aan ‘n ventilator en hartmasjien gekoppel in die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg.

In hierdie tyd het dokters om sy lewe geveg en het hy ook ‘n ernstige terugslag gehad toe hy begin koors kry het ná ‘n infeksie in een van sy longe, en sy regterlong platgeval het.

Maar op 12 Junie was klein Marno uiteindelik wakker, maar hy kan steeds nie self sit nie, en praat ook nie, het die nie-winsgewende organisasie Hemelse Perels op hul Facebook-blad gedeel.  Omdat hy nie wil eet nie kry hy voeding deur ‘n buisie in sy neus. Hy kry ook stuurstof soos nodig. Daar word nou gewag op ‘n MRI wat gedoen moet word om te bepaal wat die pad vorentoe vir Marno sal inhou.

Moet daarom nie ophou bid vir Marno nie.

Related Articles

Back to top button