News

Bejaarde sterf twee weke ná woonstelbrand

Mev. Willemse sal in liefdevolle herinnering onthou word deur haar seun, en die personeel en inwoners van Najaarsrus.

Die 87-jarige mev. Elizabeth Willemse is Saterdagmiddag in die intensiewe sorgeenheid van die Potchefstroomse MediClinic oorlede waar sy sedert 28 Mei behandel is ná ’n  brand in haar woonstel by die Najaarsrus Tuiste vir Bejaardes uitgebreek het.
Haar dood kom as ’n groot skok nadat Gazette nog vroeër verlede week berig het dat haar toestand sodanig verbeter het dat sy Maandagmiddag 6 Junie van die ventilator en dialisemasjien afgehaal kon word. Sy het egter Saterdagmiddag om 16:00 haar moedige stryd om herstel verloor weens orgaanversaking.

Wat die brand veroorsaak het is steeds nie seker nie.

Vrywilligers van We Care, die Ngwathe Brandweer, Najaarsrus personeel, Parys Sekuriteit, en paramedici van Parys Medix en FS Emergency Services, het die nag van die tragedie blitsig gereageer en hul lewens gewaag om ten spyte van die verwoestende vlamme wat toe reeds dak hoogte gebrand het, haar na veiligheid te bring.

Mev. Willemse is in ‘n uiters kritieke toestand na die Potchefstroomse MediClinic geneem waar sy onder meer behandel is vir die skade aan haar longe weens die rook wat sy ingeasem het.

Ons diepe medelye met haar seun.

Related Articles

Back to top button