NewsNews

“My Marno is wakker. Ek wil op Tafelberg staan en uit roep”

Nog 'n lang pad na herstel lê voor

Die 5-jarige Marno Muller is uiteindelik wakker nadat hy sedert 26 Mei ná ‘n fratsongeluk by sy kleuterskool in Brakpan, in ‘n geïnduseerde mediese koma was.

Marno wou die oggend van die glyplank by sy skool afgly toe die toutjies van sy baadjie se kappie vasgehaak en om sy nek gespan het, soos wat hy gegly het. Sedertdien  het hy harte van mense regoor die land aangegryp wat die afgelope 18 dae saam gebid het vir sy herstel.

Marno was sedert die ongeluk aan ‘n ventilator en hartmasjien gekoppel in die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg.

Voorverlede Donderdag het Marno ‘n ernstige terugslag gehad toe hy begin koors kry het ná ‘n infeksie in een van sy longe, en het vriende en familie opnuut gevra dat mense asseblief vir Marno sal bid nadat sy regterlong platgeval het. Teen Maandag het Marno se longe  beter gelyk, maar was hy steeds onder sedasie.

En vandag is die klein rooikop seuntjie uiteindelik wakker. Die blydskap is oneindig groot oor Marno se vordering nadat dokters  telkens om sy lewe moes veg, maar daar lê nog ‘n baie lang pad na herstel voor vir Marno.

Ma Helga Muller saam met klein Marno wat mense vanoor die land se harte aangegryp het ná ‘n frats glyplankongeluk. Foto met erkenning aan die Facebook-groep Hemelse Perels
Vroeër vanmiddag is die volgende woorde van Marno se ma, Helga, op die organisasie Hemelse Perels wat help met fondsinsameling vir Marno se behandeling, op hul Facebook-blad geplaas.:
“”My Marno is wakker.
Hoe dankbaar is my Hart
Ek wil op Tafelberg staan en uit roep.
Dankie my God dat U Marno deur gedra het. En hom elke minuut in U hande gehou het.
Die Duiwel het gekom soos n Leeu. Maar weer het U bewys U wen elke stryd.
Dis hkm ek die geveg oor gegee het aan U.
Dankie my Jesus.”
Hoewel Marno se ouers ‘n hospitaalplan het, is dit nie voldoende om vir Marno se behandeling te betaal nie. Mense wat graag die gesin wil ondersteun, kan die volgende bankbesonderhede gebruik:
Hemelse Perels NPC
Tjekrekening
Standard Bank
Rekenningnommer: 020196229
Takkode: 012442
Swift kode: SBZA ZA JJ
Verwysing Marno
Kontaknommer Hemelse Perels 0784628503

Related Articles

Back to top button