News

Klein Marno veg moedig ná glyplank-ongeluk

Marno se toestand steeds onveranderd

Die 5-jarige Marno Muller wie se fratsongeluk Donderdag, 26 Mei by sy kleuterskool in Brakpan, harte van mense regoor die land aangegryp het, is steeds in ‘n kritieke toestand in die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg waar die stent nou verwyder is wat vroeër ingesit is weens die swelling van sy brein.

Sy toestand is nog onveranderd en is hy steeds aan ‘n ventilator en hartmasjien gekoppel en in ‘n medies geïnduseerde koma.  Marno het verlede week ‘n ernstige terugslag gehad toe hy begin koors kry het ná ‘n infeksie in een van sy longe, en het vriende en familie gevra dat mense asseblief vir Marno sal bid nadat sy regterlong platgeval het.

Teen Maandag het Marno se longe egter beter gelyk,

Klein Marno wou op die glyplank gly toe die toutjies van sy baadjie se kappie vasgehaak en om sy nek gespan het, soos wat hy gegly het.

Sy ouers het net ’n hospitaalplan wat nie voldoende is om die koste van sy behandeling te dek nie.

Die organisasie Hemelse Pêrels, ’n organisasie sonder winsbejag, het intussen begin geld insamel vir Marno se behandeling.

As jy wil bydrae om te help met klein Marno se hospitaalonkostes, kan die volgende bankbesonderhede gebruik word:

Hemelse Perels NPC

Standard Bank

Rekeningnommer: 020196229

Takkode: 012442

Swiftkode: SBZA ZA JJ

Verwysing: Marno

Jy kan ook die Hemelse Perels organisasie kontak by 078 462 8503. 

Related Articles

Back to top button