Só lyk dit gereeld aan die onderpunt van Hospitaalweg waar inwoners nou huishoudelike vullis en selfs boumateriaal stort. Die ergste is dat die meeste van die rommel wat oral rondlê herwinbaar is, soos wat vanoggend weer gesien is toe daar skoongemaak is in die nywerheidsgebied van Parys. 107 Sakke vullis wat net tussen 08:30 en 12:30 opgetel is en wat nou sorteer word om te herwin.
Die onwettige stort van vullis op oop terreine is ‘n al groterwordende probleem in en om die dorp. Dit skep nie net ‘n vuil indruk van die dorp nie, maar hou ook ‘n brand- en gesondheidsgevaar in vir mense wat aangrensend tot die terreine woon waar die vullis onwettig gestort word.
Moet asseblief nie jou vullis iemand anders se probleem maak nie!