News

‘n Ongelooflike daad van liefde

Harte oop vir uitreik na hulle met Alzheimers

Die mikpunt om 40 vroetellappies te kon maak vir pasiënte met Alzheimer se Siekte by Samuel Broadbent in Potchefstroom, en die Najaarsrus Tuiste vir Bejaardes in Parys, is bereik.

Dit danksy ‘n ongelooflike inisiatief van die onderneming Anna Patat, in Parys se hoofstraat, en mense wat letterlik van oral oor gereageer het op die versoek om te help met lappies van sowat 60 x 60cm wat gebrei of gehekel kon word met enige wol en in enige kleur.

Van die lappies is sensoriese kombersies gemaak vir hullle met Alzheimers, want vir hierdie pasiënte is sensoriese stimulasie baie belangrik. Allerlei items waaraan gevroetel en mee gespeel kan word, is stewig op die kombersies vasgewerk  sodat dit veilig kan wees vir die pasiënte om sensoriese stilmulasie hieruit te kry. Hulle wat nie kon help brei of hekel nie het gehelp om items te skenk om op die kombersies vas te werk.

Daar is met kreatiwiteit en kleur gewerk om hierdie vroetelkombersies vir Alzheimer-pasiënte te kon maak. 

Dankie vir elke gewillige hand wat gehelp het, elke donasies vir wol, ritssluiters, knope, krale en lint.

Vroeër vanjaar het Anna Patat saam met die NG Parys-Wes ook mense van oral oor aan die brei en hekel gekry vir blokke wat aanmekaar gewerk is vir komberse vir bejaardes van die Amot Tehuis in Parys.

‘n Ongelooflike daad van omgee!

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button