NewsNewsOpinionsSMS/ Lesers sê hul sê

Akrobate van die lug lok duisende na Parys

Dit was 'n ongelooflike skouspel

 

Die Parys-lugskou waar uitsonderlike vliegkuns Saterdag gesien is, het menige kleuter groot drome laat droom. Op die foto is Dewet Mostert en Matthew van Rooyen.

Meer as 4 000 toeskouers het Saterdag na Parys gestroom vir ’n lugskou van grootte en formaat wat nog nooit tevore hier gesien is nie. Dit is aangebied deur voormalige SA kunsvliegkampioen, en meester in kunsvlieg-formasievlieg, kapt. Scully Levin, en georganiseer deur Creative Space Media. Uitsonderlike vliegkuns van die akrobate van die lug het toeskouers vasgenael op hul stoele, en agter kameralense gehou, en jou behoorlik na jou asem laat snak.
Ses-en-twintig vertoonoptredes van formasie en vertoon vlieg, insluitend ‘n straalvliegtuig, ‘n girokopter, ‘n L39 Albatros straalvliegtuig, presisie gewasbespuitingsvlieëniers, en die Parys Skydivers, het entoesiaste heeldag vermaak.

Foto: Selma Kok


Van die land se voorste vliegkunsspanne en vertoon vlieëniers was in aksie, wat ingesluit het Nigel Hopkins en Jason Beamish in hul Extra 300s, die Puma Flying Lions in hul brullende T-6 Harvards, die vernuftige Hired Gun Aerobatic Team in hul Pitt Specials, die uitsonderlike Marksmen Aerobatic Team van Kaapstad, sweeftuigkampioen Oscar Goudriaan, en vernuftige helikoptervlieënier, Menno Parsons

Foto: Verskaf

Foto’s: Selma Kok

 

Related Articles

Back to top button