News

Man wat doodgery is se familie steeds soek

Die gemeenskap se hulp gevra om familie op te spoor

 

Speurders van Viljoensdrift het nou die publiek se hulp gevra om die familie van ‘n onbekende man op te spoor wat vroeër p die R82 naby die Vaal Krieketklub, Viljoensdrift, raakgery en noodlottig beseer is.

Die ongeluk was op Maandag 28 Maart om ongeveer 19:15. Volgens sers Josephine Rani, polisiewoordvoerder vir die Fezile Dabi-distrik, het  ‘n motoris op die botsingstoneel aan die polisie gesê dat die onbekende man skiellik  uit die lang gras te langs die pad te voorskyn gekom het en reg voor die voertuig ingeloop het. Die motoris was van Vereeniging na Sasolburg onderweg.

Die 18-Jarige man wat raakgery is, se liggaam is in die lang gras langs die pad gekry.

Hy het ‘n wit langmou hemp en blou denim gedra maar het geen skoene aangehad nie.

Mense wat moontlik inligting sou hê wat kan help om die man se familie op te spoor, kan speur-konst Stephen Litseo skakel by 067 004 9783.

 

Related Articles

Back to top button