NewsNews

Drie kinders sterf in botsing op R34

Ons innige medelye met die families van die oorledenes

Drie kinders is vanoggend, Woensdag 1 Junie, dood ná ‘n minibus taxibestuurder na bewering beheer oor die minibus verloor het op die R34 sowat 7km buite Bloemhof.

Na wat verneem is was die minibustaxi onderweg van Hoopstad na Bloemhof waar die kinders skoolgaan.

Die R34 was al verskeie kere vanjaar in die nuus oor die swak toestand van die pad met sy vele slaggate. Die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, het juis Dinsdag, net ‘n dag voor die ongeluk, die pad besoek  en gesê dat 25 mense reeds vanjaar op die pad gesterf het.

Met die soveelste sluiting van die berugte R30 in April vanjaar, is motoriste wat tussen Welkom en Kroonstad beweeg onder meer aangeraai om die R34 as alternatiewe roete te gebruik.

Motoriste, maar veral ook boere het die afgelope maand hul frustrasie uitgespreek met die haglikse toestand van paaie in die Vrystaat waarvan baie onbegaan is weens swak instandhouding.

Related Articles

Back to top button