NewsNews

Só lyk ons spog sypaadjie-inskrywings vir Mei

Jy kan nou reeds inskryf vir die Junie-kompetisie

 

Inskrywings vir Mei-maand vir die mooiste sypaadjie-tuin in Parys het verlede week gesluit  en sal die wenner binnekort aangekondig, en die wentrofee en pryse oorhandig word. 

Inskrywings vir die Junie-kompetisie is egter reeds oop en sluit op 27 Junie. 

Onthou dat alle inskrywings vir Mei met die uitsondering van die Mei-weninskrywing, outomaties deurdring na die Junie-kompetisie.

Om in te skryf vir die kompetisie vir die “Mooiste sypaadjie-tuin in Parys” is maklik:

* Enige iemand kan deelneem.

* Inskrywings is oop vir die hele Parys, of jy in ‘n luukse woning bly, of in ‘n sinkplaat huis…hierdie gaan net oor die mooiste sypaadjie!

* Jy mag ook ‘n sypaadjie of munisipale area wat ‘n inwoner self mooi maak nomineer!

* April-inskrywings wat nie as wenner aangewys is nie, sal outomaties oorgedra word na die volgende maand se kompetisie. Al wat jy hoef te doen is om ‘n mooi, duidelike foto van jou sypaadjie/munisipale area wat jy self onderhou, te WhatsApp met jou naam, van, en straatadres na 083 258 3586. Slegs foto’s met dié inligting sal aanvaar word. Inskrywings vir April sluit 21 April.

Die wenner sal elke maand op die laaste Vrydag van die maand aangekondig word, en die trofee-oorhandiging sal deur die burgemeester vir Ngwathe, saam met Sanette van Petit Jardin, gedoen word sodra die wenner bekend is.

Nie net ontvang jy ‘n wisseltrofee nie – daar sal elke maand ‘n fantastiese geskenk/geskenke saam met die trofee aan die wenner oorhandig word danksy ongelooflike borge se ondersteuning.

Wat kan jy wen?

 

🌟 Een nag se verblyf by River Rock Lodge
🌟 ‘n Wildrit deur Savannah Africa
🌟 Spa geskenkbewys van Stepping Stones Spa
🌟 ‘n Pragtige plant van Misty’s Garden Select
🌟 ‘n Geskenk van WITH HEART Creations En, natuurlik die wisseltrofee wat deur die burgemeester vir Ngwathe aan jou oorhandig word.

🌟 Geskenkbewys vir ‘n heerlike ete deru Mac’s Deli.

 

Borge wat wil bydra tot die kompetisie met pryse of geskenkbewyse, veral ook vir die tuiniers wat help om hierdie pragtige sypaadjies instand te hou, kan vir Sanette by 083 258 3586 skakel.

 

Hier is die prag sypaadjies vir Mei wat om die wentrofee meegeding het 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Neem deel en maak ons weer trots op ons dorp! Dit kos jou niks, net die bereidwilligheid om deel te neem en ‘n verskil in jou dorp te maak.

 

 

Related Articles

Back to top button