NewsNews

Só help bejaarde hande om hulle in nood warm te hou

Bejaardes van Sally Martin Park het weer die breinaalde flink laat wikkel om ook op dié manier uit te reik na hulle in nood in hierdie winterkoue met komberse, serpe, musse en truie vir groot en klein.

Die items is geskenk aan Janine se Sopkombuis in Vredefort waar behoeftiges daagliks aanklop vir ‘n warm maaltyd. Die mammas bring die kinders saam en sal daar vir almal, groot en klein, iets warm wees om aan trek, of onder te slaap.

Twee van die flinke breiers van Sally Martin Park oorhandig die truie en komberse namens die bejaardes aan Janine se Sopkombuis. Foto’s: Verskaf

Hierbenewens is komberse ook uitgedeel by die Hartshuis in Vredefort, terwyl truie en komberse ook by Emunah Foundation afgegee is.

Sonja en Colin Viljoen met van die truie en komberse wat aan die Emunah Foundation oorhandig.

Al drie die instansies word deur private persone bedryf en is afhanklik van die publiek vir donasies. Janine se Sopkombuis verwelkom kruideniers, groente en ander sopbestanddele, terwyl die Hartshuis kos, klere en materiaal wat in stroke geskeur kan word om matte te weef, verwelkom. Die matte word weer verkoop vir ‘n inkomste. Jy kan Emunah help met enige bababenodigdhede, doeke, speelgoed en kinderklere.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button