News

Groot prestasie vir oud-onderhoofseun

Dieter het in sy boodskap erkenning gegee aan sy alma mater, Hoërskool Parys, en sy onderwysers, wat 'n groot bydrae gelewer het in die grondslag wat gelê is vir sy studies en die sukses wat hy kon behaal. 

Dieter van der Westhuizen het sy spesialisgraad in chemiese patologie verwerf.

Dieter was onderhoofseun van Hoërskool Parys in 2009 waar hy met 8 vakonderskeidings gematrikuleer het.

Hy het daarna sy mediese studie aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi, waarna hy ‘n pos as chemiese kliniese assistent by die Grootte Schuur-hspitaal in Kaapstad gekry het.

Dieter het ook onlangs sy meestersgraad tesis ingedien vir evaluering. Daarbenewens  het hy verskeie rekenaarprogramme geskryf vir die interpretering van data resultate ten opsigte van Covid-19, en die koördinering van interprovinsiale fasilitering van data en statistieke.

 

 

Related Articles

Back to top button