NewsNews

Sabotasie by kragstasies kommerwekkend

Niemand nog gearresteer nie

 

Eskom het nog nie bewyse wat enige individue of groep kan verbind met die jongste vlaag van sabotasie by van sy kragstasies nie, het Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, gesê.

Vrydag is bekendgemaak dat kabels by die Hendrina-kragstasie gesteel is, net nadat daar die vorige naweek ‘n kragkabel na die verhittingstelsel, by die Tutuka-kragstasie deurgesaag is.

Mantshantsha het gesê Eskom wag nog op terugvoer van die polisie oor enige arrestasies van verdagtes en vordering met die ondersoeke, en het gesê dat die kragreus sy volle samewerking gee met ondersoeke wanneer dit by die polisie aangemeld word.

Netwerk24 berig dat die jongste sabotasievoorvalle plaasgevind het te midde van loononderhandelings met Numsa wat ‘n 15% loonverhoging van Eskom eis.

Eskom het Sondagaand  aangekondig dat fase 2 beurtkrag dwarsdeur die week tussen 17:00 en 22:00 daagliks toegepas sal word.

 

Related Articles

Back to top button