News

Misdaad: Dit is hoekom jy dit moet aanmeld

Hoekom is 'n saaknommer belangrik

 

Jou tuinstoel, gasbottel of tuingereedskap word gesteel. Dalk net iets klein, nie duursaam nie, en nie eens werd om te noem nie. Maar dit maak ’n verskil aan polisiëring in jou woonbuurt.
As misdaad nie gerapporteer word nie, en ’n saak nie by die polisie gemaak word nie, word aanvaar dat ’n omgewing nie misdaad het nie, en nie nut het vir addisionele polisie hulpbronne soos polisiebeamptes en voertuie nie.
Sodra ’n saak gerapporteer word, moet dit ondersoek word en kan die polisie selfs ook saamwerk met sekuriteitsmaatskappye en ander rolspelers, soos wat baie effektief in Parys gedoen word.
Ongelukkig ontsien mense dikwels die moeite om ’n saak by die polisie te rapporteer, of glo dat saaknommers net nodig is wanneer jy by jou versekeringsmaatskappy ’n eis moet indien.
As misdaad nie gerapporteer word nie, kan dit ook nie geprioritiseer word nie, en bly dit ’n probleem in jou omgewing.
Diefstal en huisbrake is tans juis kommerwekkend hoog in die dorp, en word veral lugversorgers deesdae die teiken van koperdiewe. Ook los goedere en gereedskap wat uit erwe gesteel word, gebeur bykans daagliks.
Hierbenewens is daar steeds internetswendelaars wat gereeld veral bejaardes beroof van hul swaarverdiende geld.
Meld hierdie sake aan en maak seker jy koop nie goed op die internet van webtuistes wat jy nie ken nie of enige goeie verwysings van het nie.
Jy kan nie net geld oorbetaal aan iemand wat jy van geen kant af ken nie. Jy kan nie geld in iemand se rekening inbetaal wat jou laat glo dat jy ’n lening kan kry nie.
As iets te goed is om waar te wees is dit presies wat dit is – té goed om waar te wees. As jy jou oë en ore uitleen vir alles wat jy op sosiale media en die internet raaklees – moet jy weet die kans is daar dat jy vir ’n slap riem en baie geld wat jy kan verloor, gevang gaan word. En om hierdie swendelaars te vang is soos om wors in ’n hondehok te soek – geen selfoonnommer of adres om hulle weer op te spoor nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button