News

Voëlklub gesels oor die voëls van Namibië

Alle belangstellendes is welkom.

Feathers-voëlklub kom bymekaar op Donderdag, 26 Mei om 18:30 by die Sally Martin Park-saal. By die geleentheid sal Hansie Bekker oor hul onlangse besoek aan Namibië gesels en wys watter voëls hulle daar gesien het.
Die gebruik van die saal is steeds onderhewig aan die nakoming van die Covid-regulasies en ‘n veilige afstand moet gehandhaaf word.
Uitstappie:
Die plek vir die uitstappie op Saterdag, 28 Mei moet nog gefinaliseer word en sal inligting hieroor by die byeenkoms van 26 Mei gegee word. Skakel Hansie Bekker of Peter Killian as jy op die uitstappie wil gaan en nie die byeenkoms kan bywoon nie, of vir enige ander klubnavrae. Die nommers om te skakel is (056) 811 4754 / 082 820 4306 (Hansie), of 083 625 8100 (Peter). Die Mei-uitstappie is die laaste voor die winter aangesien daar nie uitstappies in Junie en Julie sal wees nie. Uitstappies word weer in Augustus hervat.

Related Articles

Back to top button