NewsNews

Vaaloewer Voortrekkerkommando vir dorp gestig

"Ons steek 'n oop hand uit om die gemeenskap by te staan om te verseker dat Vaaloewer-kommando 'n sukses sal wees," het Engelbrecht gesê.

“Ons steek ‘n oop hand uit om die gemeenskap by te staan om te verseker dat Vaaloewer kommando ‘n sukses sal wees,” het Willie Engelbrecht, gebiedsleier van die Voortrekkers in die Vrystaat gesê.

Die Vrystaatse Voortrekkers het vroeër vandag (Saterdag 21 Mei), by die Gereformeerde Kerk, die Vaaloewer Voortrekkerkommando as gemeenskapskommando vir Parys gestig.

Willie Engelbrecht, gebiedsleier van die Voortrekkers in die Vrystaat, het in sy boodskap die kommando welkom geheet in die geledere van die Vrystaat Voortrekkers, en die kommando sterkte en seën toegewens op hul pad vorentoe as Voortrekkers.

Die foto is vanoggend geneem met die stigting van die Vaaloewer Voortrekkomando in Parys.

Hy het die kommando as ‘n aanwins vir die dorp beskryf, en gesê dat waar Parys-kommando skoolgebonde is, die Vaaloewer kommando geleentheid sal bied vir meer kinders om deel te wees van die Voortrekkerbeweging.

Jan-Danie Malan is by die stigtingsgeleentheid as eerste kommandoleier verkies, en is die Voortrekkervlag aan hom oorhandig as simbool van die kommando se insluiting by die Voortrekkerbeweging.

By Jan Danie Malan is oordleier, Jakkie Carstens Casaleggio van Oord Vaalrivier, wat die stingsproses bestuur het. 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button