NewsNews

Jong kunstenaars se skilderkuns beïndruk

‘n Uitdaging wat met groot sukses aangepak is.

 

Sestien jong kunstenaars van Petit Artists het Saterdag kon spog met hul uitsonderlike kunswerke by hul eerste kunsuitstalling wat by Die Kultuurkamer in Buitenstraat gehou is.
Die kunswerke kon in die Kultuurkamer-tuin besigtig word, en het die sonnige weer gesorg dat heerlik onder die bome gekuier kon word terwyl die jong kunstenaars se werke besigtig is.

Aneri du Toit (9) het Edvard Munch se werk, “The Scream”, herskep.

Die 9-jarige Christian Swart by sy herskepping van Keith Haring se werk, “Best buddies”.

Die kinders wie se werke uitgestal is, is almal tussen die ouderdom van 4 en 12 jaar, en was hul opdrag vir die uitstalling om werke van bekende skilders te herskep.

 

Related Articles

Back to top button