News

Gate by hangbrug reggemaak

Gate by hangbrug reggemaak

Die slaggate in strate om Parys se hangbrug is al vir lank ‘n frustrasie, nie net vir inwoners van Parys nie, maar ook vir toeriste en besoekers aan die dorp.
AfriForum Buurtwag-lede en Security Master het verlede week twee ton teer gebruik om hierdie slaggate by die hangbrug, in Fickstraat en die Esplenade reg te maak. Die teer is verskaf deur AfriForum Parys. Dankie aan elkeen wat bygedra of kom help het met die projek.

 

 

Related Articles

Back to top button