News

Sekuriteitskameras sit polisie op veediewe se spoor

Sekuriteitskameras sit polisie op veediewe se spoor

 

Sekuriteitskameras het die afgelope week weer gehelp om twee vermeende veediewe vas te trek.
Die verdagtes, 27 en 30 jaar oud onderskeidelik, is in Zamdela in hegtenis geneem vir skaapdiefstal op die plaas Langverwacht in die Heilbron-distrik, sê kapt. Malebo Khosana, polisiewoorderder vir die Fezile Dabi-distrik.
Hulle het Vrydag op ‘n klag van veediefstal en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom in die hof verskyn, sê kapt. Khosana. Dit nadat 12 skape toegesluit in ‘n kamer in ‘n huis in Zamdela gekry is. Die polisie het in totaal 15 skape teruggekry met ‘n gesamentlike waarde van R30 000. Die plaaseienaar het Dinsdag, 10 Mei sy skape getel waarna hy sy werkers huis toe gevat het. Die volgende dag het een van sy bure hom in kennis gestel dat sy skape ronddwaal en van die kampdrade oënskynlik geknip is. Toe op die beeldmateriaal van die sekuriteitskameras gekyk is, is gesien hoe die skape op ‘n bakkie gelaai is wat in die rigting van Sasolburg beweeg het. Dit het die polisie op die veediewe se spoor gesit en is hulle kort daarna in hegtenis geneem.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button