News

AfriForum hof toe oor rybewyse

Hof moet sê oor rybewyse

AFriForum het hom nou tot die hooggeregshof gewend om die Nasionale Padverkeerswet en gepaardgaande regulasies wat bepaal dat motoriste hul rybewyskaarte elke vyf jaar moet hernu.  ongeldig en ongrondwetlik te laat verklaar

Volgens regsadvies wat AfriForum ingewin het, is daar nie voldoende wetgewing wat vereis dat die rybewyskaarte vyfjaarliks hernu moet word nie.

Die Automobiel Assosiasie van Suid-Afrika en die Organisasie teen Belastingmisbruik vra ook al lank dat die geldigheidstydperk van rybewyskaarte van 5 na 10 jaar verleng word.

Volgens AfriForum se veldtogbeampte  vir strategie en inhoud, Reinier Duvenage, kan dié burgerregte organisasie se veldtog deurslaggewend wees vir die stryd met die hernuwing van rybewyse.

AfriForum voer aan dat die wetgewing nie duidelik onderskei tusssen ‘n bestuurslisensie en rybewyskaart nie. Ook nie dat duidelik gestipuleer word dat die rybewyskaart hernu moet word en wat die straf moet wees as jy gevang word bestuur met ‘n kaart wat reeds verval het.

AfriForum is daarom van mening dat dit onuitvoerbaar, onredelik en irrassioneel is om te verwag dat motoriste elke 5 jaar hul rybewyskaart moet hernu.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button