NewsNews

Eskom al meer op howe aangewese oor munisipale skuld

Die benarde posisie waarin munisipaliteite se skuld Eskom plaas, noop Eskom om nog nie die stryd oor gedwonge munisipale beurtkrag gewonne te gee nie.

In ’n verklaring in Maart vanjaar is gesê dat die Ngwathe munisipaliteit onder die drie munisipaliteite in die Vrystaat is wat Eskom die meeste skuld. Ngwathe se skuld beloop nou by die R1,4 miljard.
Vir Eskom is dit inderdaad ‘n donker prentjie met 15 Vrystaatse munisipaliteite en die Manguang Metro wat Eskom teen einde Februarie vanjaar ‘n verstommende R16 miljard geskuld het.
Die Ngwathe munisipaliteit het verlede week weer samesprekings met Eskom-bestuur gevoer oor die munisipaliteit se uitstaande skuld.
Volgens Ngwathe se uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer, was die samesprekings positief, en is ‘n ooreenkoms met Eskom bereik dat die kragreus Ngwathe sal help om sy kragtariewe te balanseer om meer in lyn te wees met wat Eskom Ngwathe vra vir kragvoorsiening.
Die burgemeester het tydens die openbare deelname vergadering met inwoners oor die konsep IDP en begrotingsvoorstelle vir 2022/23 gesê dat van die voorstelle wat na die tafel gebring is tydens samesprekings met Eskom, insluit dat die munisipaliteit tydens somermaande Ngwathe se maandelikse verbruikersrekening ten volle sal vereffen, en gedurende die wintermaande 50% van die maandelikse verbruiksrekening, wanneer Eskom tariewe vir kragvoorsiening aan Ngwathe hoër is.
Soos dit egter is het Ngwathe se krediteure in die vorige termyn reeds met R20 miljoen geklim, en is dit byna ‘n onbegonne taak vir die munisipaliteit om sy agterstallige skuld aan Eskom te kan betaal, waarvan ‘n gedeelte rente op die agterstallige skuld en boetes vir oorskryding van die NMD in die verlede is.

Resilient-saak

Hoewel daar ná waarnemende regter Millar se destydse bevel danksy kragbesparings meerendeels daarin geslaag kon word om munisipale beurtkrag in Parys af te weer, is dit by geleentheid weer in 2021 toegepas, ‘n tyd toe ysige wintertemperature gevoel is.
Daar is tydens die appèlsaak prominent verwys na die Resilient eiendomsgroep se waterskeidingsaak teen Eskom.
Die appèlhof het in Desember 2020 in die Resilient-groep se guns beslis dat Eskom nie krag kan sny van betalende kliënte as strafmaatreël vir wanbetalende munisipaliteite nie, en dat staatsinstellings hul geskille onderling moet besleg.

* Adv. Herman van Eeden (SC) en Danie Wijnbeek, met as opdraggewende prokureurs, Lou van Wyk namens die Vaal River Development Association (VRDA) en Andreas Peens namens die Lekwa Belastingbetalersvereniging, verdien ‘n pluimpie vir die werk wat reeds gedoen is om die saak voor die hof te kon bring.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button