Drie van Hoërskool Parys se leerders se skryfkuns is ingesluit in die Letterkundekommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se boekie getiteld, Poort. Die leerders wie se werke ingesluit is in die publikasie, is Marli Fourie (gedig), asook Amé van Wyk (prosa) en Anné Krüger (prosa).
Die Letterkundekommissie gee jaarliks aan leerders wat die vorige jaar in graad 10, 11 en 12 was, regoor SA die geleentheid om hul beste letterkunde bydraes in te skryf vir die Poort.
Net die heel beste prosa- en poësie-bydraes word dan hierin gepubliseer, en is dit ‘n besondere prestasie vir die skool om te kan spog met drie van sy leerders wie se skryfkuns ingesluit is in die publikasie.
You can read the full story on our App. Download it here.