NewsNews

Onthou dié veiligheidswenke

VLU-vroue gesels oor veiligheid

Hou jou huis- en motordeure altyd gesluit en wees waaksaam as jy in die dorp beweeg.
Voordat jy iewers heen ry, plaas jou handsak in die motor se kattebak.
Kyk of jou bande en noodwiel reg is voor jy ry, en sorg dat jy ‘n nommer op jou selfoon stoor wat jy met “speed dial” kan skakel in geval van nood.
Laat iemand na aan jou weet as jy beplan om uit die dorp te ry, en onthou om die persoon te laat weet as jy jou bestemming veilig bereik het.
Probeer die voertuigregistrasienommer neerskryf, sou jy ‘n verdagte voertuig opmerk.
Dit is enkele van die veiligheidswenke wat kapt. Susan du Preez van die Parys-polisie met dames van die Vroue Landbou Unie (VLU) gedeel het tydens hul byeenkoms by Woodlands buite Parys.

VLU-lede Eska de Bruin (links) en Bernadet van der Ende (regs), saam met kapt. Susan du Preez wat as gasspreker opgetree het by die VLU-byeenkoms

By die byeenkoms is die wenner van die Marloth Park-prys ook getrek. Geluk aan Thea Guillaume (kaartjie 27) wat die gelukkige wenner is. Dankie aan elkeen wat die fondsinsamelingsprojek vir die VLU konferensie ondersteun het.

VLU-wenk vir die maand:
Om ‘n strykyster skoon te maak: Plaas waspapier op jou strykplank, gooi tafelsout daarop, stryk met jou strykyster daaroor tot jou yster skoon is, en vee met ‘n sagte lappie af.

 

 

 

Related Articles

Back to top button