NewsNews

Kinderharte klop warm vir hulle in nood

'n Ongelooflike omgee-gebaar waarvan die sukses van die projek vanoggend gesien kon word waar die baadjies  opgehang is. om te tel,  en dit wat nie kon hang nie, in 'n hartvorm in sakke op die gras uitgepak was. 

Vyfhonderd baadjies is ingesamel met ‘n ongelooflike projek wat deur Parys Primêre skool aangepak is om seker te maak dat hulle in nood  hierdie winter minstens ‘n baadjie teen die koue sal hê.

Die Baadjie vir ‘n Maatjie-projek was die inisiatief van een van die skool se onderwyseresse, Chrizanré Olivier. Toe sy haar kinders se kaste reggepak het, het sy gewonder wat sy met die klere wat té klein was kon doen. Toe onthou sy van ‘n projek wat by ander skole aangepak is, en só het die gedagte vir die “Baadjie vir ‘n maatjie” projek gekom. Die versoek – dat leerders ‘n baadjie wat hulle self nie meer voor nut het nie, en wat steeds netjies en bruikbaar is, sal skool toe bring. Die reaksie was oorweldigend.

Die baadjies sal nou onder welsynsorganisasies, kerke, ouetehuise en ander instelllings wat omsien na hulle in nood, versprei  word.

Dankie vir elke maatjie en elke ouer wat se hart warm klop vir ander in nood.

Related Articles

Back to top button