NewsNews

Sterrekyk op Deelfontein

Die naghemel is nou meestal wolkloos, en die donker Koepel-nagte bied baie goeie omstandighede om die planete, sterre, en die melkweg in hulle volle prag te sien.

Dit is weer die seisoen vir sterrekyk.
Saterdagaand, 28 Mei word ‘n sterrekykuitstappie by die sterrewag op Deelfontein aangebied deur Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika.
Dit vind plaas kort voor donkermaan, dus bevorder die afwesigheid van maanlig verder die helderheid van die sterre.
Die planete Venus, Mars, Jupiter en Saturnus is almal tans sigbaar.
Basiese inligting oor planeet- en sterrebewegings word vooraf in die seminaarkamer langs die sterrewag verduidelik.
Daarna word die groot 12-duim Meade-teleskoop en ‘n 8-duim Newtonteleskoop ingespan om die naghemel nader te bring.
Die aanbieding begin om 19:00 en eindig gewoonlik tussen 21:00 en 22:00.
Tref voorsorg teen die koue met warm klere, skoene en ‘n mussie.
Meer inligting oor die uitstappie en die padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za verkrygbaar.
Meld asseblief vooraf aan by 083 280 9784 of gerhard@deelfontein.co.za.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button