NewsNews

Ryloper kry eers saamry geleentheid en word toe geskiet

Die polisie het na die voorval weer gewaarsku dat mense eerder nie moet ryloop nie, juis omdat misdadigers weerlose slagoffers teiken. 

‘n 32-Jarige ryloper is in die bobeen en arm geskiet nadat hy ‘n saamry geleentheid aangebied is.
Polisiewoordvoerder kapt. Malebo Khosana, sê die voorval het op Maandag 9 Mei omstreeks 22:00 die aand gebeur.
Die man het geryloop vanaf Ladybrand en was onderweg na Rustenburg, toe hy deur ‘n silwer Toyota Corolla met drie insittendes opgelaai is.
Net nadat hulle deur Kroonstad i,s en onderweg was na Viljoenskroon, het die bestuurder van die motor skielik weggedraai op ‘n grondpad. Toe die man wou weet waarheen hulle op pad is, het een van die ander passasiers wat saam met hom agterin die motor gesit het, hom aan sy gordel gegryp.
Die man het dadelik onraad vermoed en uit die bewegende voertuig gespring. Die ander passasier het toe ‘n vuurwapen uitgepluk en twee skote op hom geskiet wat die man in sy bobeen en arm getref het.
 Die drie verdagtes in die motor het ná die skietvoorval die ryloper net daar langs die pad gelos en teruggedraai na die hoofpad in die rigting van Viljoenskroon.
Die ryloper het daarin kon slaag om ook na die hoofpad te beweeg waar hy ‘n taxi voorgekeer het wat hom na ‘n kliniek in Viljoenskroon geneem het, sê kapt. Khosana.
Die polisie soek nog na die drie verdagtes en vra dat enigeen wat inligting het oor die voorval speur-sers. Eric Xaba sal skakel op 081 354 4765.

Related Articles

Back to top button