NewsNews

Maak ’n Verskil reik uit na Gleniffer-inwoners

Die Maak ’n Verskil groep het in Mei 2012 op Facebook begin en sedertdien het dié groep al by die 5 000 komberse aan bejaardes, kinders, gestremdes en behoeftiges uitgedeel.

Die Maak ’n Verskil groep het in Mei 2012 op Facebook begin en sedertdien het dié groep al by die 5 000 komberse aan bejaardes, kinders, gestremdes en behoeftiges uitgedeel. Hierbenewens is oor die afgelope 10 jaar ook al meer as 10 000 items soos handskoene, musse en serpe uitgedeel om warmte te bied teen die winterkoue.
Die groep werk regoor die land en het al komberse in elke provinsie in die land uitgedeel.

 

Die Maak ’n Verskil groep het aan elke inwoner van Gleniffer ’n handgemaakte kombers oorhandig. Vir die kinders was daar ook elkeen ’n bederfpakkie. Foto: Verskaf

Einde April is daar ’n tweede keer sedert die groep se bestaan na Parys uitgereik. Dié keer is die inwoners van Gleniffer bederf met handgemaakte komberse en worsrolletjie, en was daar ook ’n geskenkpak vir elkeen van die kinders wat hier ’n tuiste het.
Met die groep se besoek aan Parys in 2018 is daar vir elke inwoner van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys ’n kombers oorhandig.
“Ons doen ons ding in stilte en kom huis toe met diep dankbare harte vir al ons seëninge. Dankie aan elke hand op die groep en buite die groep wat bydra tot dae soos dié. Julle is die as waarom Maak ’n veskil draai. Al maak jy een blokkie, of een serp, dit word waardeer. Sonder jou kan dae soos dié nie gebeur nie,” het die groep na afloop van hul besoek aan Parys gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button