News

Ossewaens gelaai vir die groot trek van Clarens na Parys

Vanaand gaan daar ossewa-stories om die kampvuur vertel word

Al van vroegdag is daar gewerskaf by die Ossewa-kamp buite Clarens om die 18 ossewaens te begin laai. DIe opgewondenheid groot, want mĆ“re is dit die groot trek van Clarens na UdolphoĀ  waar diĆ© ossewaens ‘n nuwe tuiste kry op die FAK se vakansieplaas net buite Parys.

Vanaand sal die kampvure gesellig brand wanneer ossewa-stories uitgeruil sal word en gewerk moet word om die ”padkos” reg te kry.

So by die 45 vrywilligers wat die groot taak gaan aanpak om op Saterdag 7 Mei, die kosbare vrag van 18 ossewaens – op Ā sleepwaens gelaai veilig by Udolpho te kry. Langs die pad sal mense diĆ© ossewa-trek kan sien soos hul ry van Bethlehem na Reitz,danĀ  Petrus Steyn, Heilbron, Deneysville, en Sasolburg om uiteindelik Saterdagmiddag, 7 Mei op Udolpho net buite Parys aan te kom.

By Bethlehem sal die Rapportryerskorps die trek by die dorpsingang inwag en ook op Parys is daar al groot opgewondenheid vir die toerisme trekpleister wat waarde tot die dorp se toerismebedryf sal voeg.

Die FAK het die hele ossewakamp wat voorheen besoekers van heinde en verre na die skilderagtige Vrystaatse dorp Clarens gelok het, gekoop om hier by UdolphoĀ  te vestig as die nuutste toevoeging tot akkommodasiefasiliteite op die vakansieplaas.

Ā 

Elke deelnemer aan die Groot Trek gaan ā€˜n Voortrekker bynaam hĆŖ, vertel Jan Danie Malan, die FAK se kultuurorganiseerder in die Vrystaat.
Hyself sal die naam Paulus van Gass gebruik. Paulus was ā€˜n Trekker-seun wat saam met Hans Dons de Lange op ā€˜n verkenningstog gegaan het. By die Tugela het hy afgedwaal van die kommando en het vir bykans twee jaar in die veld oorleef. Die skrywer Gustav Preller het ā€˜n mondelingse vertelling van Paulus van Gass neergepen, en het die skrywer FA Venter, ā€˜n roman, ā€œDie Wit Oemfaanā€ geskryf, wat op sy lewensverhaal gebaseer is.
Elke vrywilliger het ā€˜n unieke Trek posisie, vertel Jan Danie. Daar is die hoofkommandant, trekkommandante, laaimeesters, touleiers, staatmakers, kampkokke en selfs ā€™n strafsersant vir die wat skeeftrap. Daar sal ook ā€˜n Minora-wisseltrofee gegee word vir die skerpste tong tydens die trek.

Die ossewa-kamp storie:
Ollie Esplin, wat die ossewa-kamp op Clarens bedryf het, vertel dat die kampstorie oorspronklik by sy skoonpa, Gerhard Wille, begin het. Hy was ā€˜n veteraan trekkerversamelaar wat soos wat hy rondgegaan het op plase, ossewaens aangekoop het waar hy ook al een sou teĆ«kom.

In die laat tagtigerjare het hy op sy wildsplaas en saaiboerdery op die plaas Hoekfontein in die Ficksburg-distrik, begin om agt van die waens wat hy oor tyd bymekaar gemaak het, in ā€˜n laer te trek en te verhuur as akkommodasie. In die waens wat eintlik transportwaens is, kan tussen vier en agt persone slaap, en is daar selfs ā€™n ā€œwittebrood-waā€
Die waens het letterlik van oor die land gekom ā€“ een van hulle is een van net drie wat dateer uit die 1800ā€™s wat nog bestaan, nadat meeste ossewaens tydens die Anglo Boere-oorlog aan die brand gesteek is.
Die res van die waens dateer meestal uit die vroeĆ« 1900ā€™s en word die waens in die kamp ook gelys in ā€˜n boek van prof. Erik Holm.
Die presiese datum waarop elke wa gebou is, die wa-maker se naam en die plek vanwaar die wa afkomstig is, is op elke wa gegrafeer en is sigbaar wanneer die wa se linkervoorwiel afgehaal word.
Die ossewa-kamp by Ficksburg was destyds so gewild dat Wille se skoonseun, Olie, wat ā€˜n avontuur toerisme onderneming in Clarens bedryf, in 2006/7 ā€˜n soortgelyke kamp daar begin het met agt waens. Toe Wille se plaas ongeveer drie jaar gelede verkoop is, is die laaste waens ook na Clarens geskuif. Wille is in 2021 aan kanker oorlede. Hy was ā€˜n man wat ā€˜n passie gehad het vir die toerismebedryf en wat bekend was vir sy besondere gasvryheid.
Oor die jare was die ossewa-kamp by Clarens eweneens baie gewild, veral onder skoolgroepe en kampeerders. Dit is sover bekend die grootste ossewa-kamp wat akkommodasiegeriewe bied en boonop ā€™n unieke kampervaring weens die historiese waarde daarvan. Vir kampeerders bied dit ā€˜n belewenis van in die natuur-wees met net die nodigste geriewe en maak jy hier kos in die veldkombuis. Met die verskuiwing van die hele ossewa-kamp, sal dit ā€˜n unieke toevoeging wees tot die baie gewilde Udolpho kampterrein, en ook die toerismebedryf vir Parys.

 

 

Related Articles

Back to top button