NewsNews

Minder geld beteken meer probleme vir OVK

Minder geld beteken meer probleme vir OVK

‘n Kleiner begroting kan  ‘n groot invloed hê op die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) om te verseker dat verkiesings vry en regversig is.

Die OVK se begroting vir die 2022/23 boekjaar is R2,239 miljard teenoor die vorige boekjaar se R2,31 miljard. Maar minder geld beteken dat dit al moeiliker word om mense op te lei, is gister, Dinsdag 3 Mei, aan die parlementêre komitee oor binnelandse sake gesê.

Boonop moes geld bespaar word deur die aanstellingstydperk vir personeel voor en na verkiesings met ‘n maand te verkort. Verhogings gelykstaande aan inflasiekoers  kan nie betaal word vir personeel wat aangestel is om te help met registrasies en verkiesings nie.

En dan het die konstitusionele hofuitspraak oor die ongrondwetlikheid van die posisie van individue wat volgens die Verkiesingswet nie as  onafhanklike kandidate aan ‘n nasionale en provinsiale verkiesing kon deelneem nie en derhalwe gewysig moet word , ook nog groot koste implikasie vir die OVK meegebring  met personeel wat onder meer heropgelei moet word, die herafbakening van kiesdisdrikte, en aanpassing van die verkiesingswaghond se inligtings- en kommunikasietoestelle.

 

Related Articles

Back to top button