News

R59 se slaggat-gevaar: Wees asseblief bedag op dié gate

R59 se slaggat-gevaar: Wees asseblief bedag op dié gate

Ná  swaar reën sedert Januarie vanjaar, het verskeie gevaarlike slaggate op die R59 tussen die N1 oorbrug en Parys gevorm. ‘n Leser het reeds vroeër vandeesweek al gewaarsku oor die gevaar van die R59 net buite Parys.

By die brug self is daar ‘n slaggat in die middel van die pad.

Die leser het vertel dat hulle op pad terug van Pretoria na Parys was, toe hul sowat 12km buite Parys  ‘n slaggat op die R59 getref het en die regterkantse band voor afgeskryf is.

Motoriste word gewaarsku om hier baie versigtig te bestuur, veral wanneer dit donker is, en in reënweer.

Slaggate op verskeie van die land se paaie skep ‘n ernstige gevaar vir motoriste en is dit daarom baie belangrik om te alle tye te hou by die spoedgrense, jou volgafstand te hou, en seker te maak jou aandag is op die pad.

‘n Beskadigde gedeelte van die R59 net verby die dorp se vliegveld is vroeër vanjaar deur sakemanne van Parys uit hul eie sak herstel nadat twee vragmotors hier gebots en beide aan die brand geslaan het.

Die roete dra swaar verkeer, en is ook die alternatiewe roete vir die N1 wat deur die provinsiale regering se paaie departement instand gehou moet word.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button